Die Sondag van die Ortodoksie ╰⊰¸¸. •¨* Afrikaans

http://orthodox-heart.blogspot.com

http://africaofmyheart.wordpress.com

AFRICA OF MY HEART

ORTHODOX HEART

South_Africa_Hougaard_Malan_27.jpg

2017-04-12-1.jpg

Die Sondag van die Ortodoksie

https://afrikaansortodoks.wordpress.com

https://afrikaansortodoks.wordpress.com/2012/03/06/die-sondag-van-die-ortodoksie/

BEDEHUIS BETHANIË

Verlede Sondag het ons die Sondag van die Sege van die Ortodoksie gevier. Hier is ‘n uittreksel uit ons bisdomlike blad oor dié fees.

Vandag, op die eerste Sondag van die Groot Vastyd, gedenk ons die oorwinning van die Ortodoksie oor die kettery van die ikonoklasme. In die agste eeu is die Kerk uitmekaar geskeur deur hulle wat beswaar gemaak het teen die verering van die ikone, en in 787 het die Tweede Konsilie van Nicea daarop gereageer deur die rol van ikone in die Kerk te bevestig en te verklaar dat “Wanneer hierdie voorstellings beskou word, dit hulle wat daarna kyk hulle prototipe sal laat gedenk en liefhê .” Die Konsilie het onderskei tussen aanbidding, wat God alleen toekom, en die verering wat ons aan ikone gee, en verklaar dat wanneer ons ‘n ikoon vereer, ons eintlik die werklikheid vereer wat dit verteenwoordig.

Selfs na die Konsilie het die ikonoklasme voortgeduur totdat die keisering Theodora in 844 die Ortodoksie opnuut gevestig het met ‘n plegtige prosessie en verering van die ikone op die eerste Sondag van die Vastyd. Dit was die begin van vandag se fees en vier die sege van die ware leer oor kettery.

Die sege van die Ortodoksie wat ons vandag vier, staan in volledige samehang met die vroeëre stryd vir die Ortodokse geloof, want wat op die spel was, was nie bloot die geldigheid van die verering van die ikone nie, maar juis die werklikheid van die Vleeswording van Christus, wat die Kerk in vroeëre eeue geworstel het om te bely. Omdat God in Christus volledig mens geword het, is die stoflike self geheillig en het dit ‘n geskikte medium geword om Sy beeltenis weer te gee. Soos Sint Johannes van Damaskus geskryf het: “As ‘n mens eers verstaan dat die Onliggaamlike vir jou mens geword het, is dit vanselfsprekend dat jy Sy menslike beeld kan weergee.”

Onomskryfbare Meester, in u goddelike natuur, en in die laaste tye vlees geword, het dit U behaag om omskryfbaar te word; want deur vlees aan te neem, het U ook al die eienskappe daarvan aangeneem. Wanneer ons daarom die vorm van u gelykenis weergee, gee ons dit ‘n relatiewe verering en word ons verhef tot liefde vir U, en in die navolging van die tradisies van die apostels, verkry ons daaruit die genade van heling.

Uit die Vespers vir die Sondag van die Ortodoksie

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 4 Maart 2012.